Die jaarlikse Dogmatologiese Werkgemeenskap van Suid-Afrika (in Engels die “Theological Society of South Africa”), vind vanjaar in Howick, KwaZulu-Natal, plaas vanaf 20 tot 22 Junie.

Die tema van die konferensie is “From Versailles to Kempton Park: Theological and ethical reflection on peace and peacemaking.”

Sprekers sluit in Dion Forster, Selina Palm, Lisa le Roux, Nadia Marais, Ernst Conradie en Robert Vosloo.

Registrasie moet teen 1 Junie plaasvind.

Kry volledige inligting hier.