18 Februarie 2019

AANDAG ALLE OUD-LIDMATE/VRIENDE/GELIEFDES IN DIE HERE

Ons groet u in die Naam van Jesus Christus en vertrou dat dit met u en almal vir wie u lief is goed gaan.

Ons besef ons is nou vining op julle, maar met die nuwe Basaar datum is ons jaarlikse Basaar om die draai. En soos u weet maak Moeder Gemeente die naweek van die basaar ‘n spesiale naweek vir almal wat êrens deel was van Moeder-gemeente.

Op Sondag die 3 Maart 2019 het ons ‘n spesiale erediens om 09h00

Na die diens kuier ons as gemeente saam oor ‘n koppie tee. Ons weet dat u moontlik betrokke is by ander gemeentes, maar wil u tog uitnooi. Die aanbidding en geestelike sorg van die gemeente is vir ons as gemeente die belangrikste en ons sal dit hoog op prys stel as u ’n oggend saam met ons as gemeente kan kom aanbid.

Op Saterdag 2 Maart 2019 begin ons basaar om 08:30.

Dit sal werklik vir ons lekker wees as u as familie sommernet kom inloer by ons. Ons gaan die gronde van die Sinode reg langs ons benut sodat die kerkgrond oop is vir gemaklike parkering.

Indien u dalk adresse of kontak besonderhede van mede oud-lidmate het of verkies om hierdie brief per e-pos te ontvang, kontak gerus die kerkkantoor by 021-948 3550 of Ds. Herman Burger by 083 777 9896.

Vriendelike groete in Jesus Christus.

Ds. Herman Burger

(namens Kerkraad)