Geregistreerde professionele verpleegkundige of stafverpleegster (2x poste), Boston

Alta du Toit Nasorgsentrum is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).  Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.

Pligte vereistes:

Die aangewese kandidaat moet geregistreer wees by die SARV as Professionele Verpleegkundige/Stafverpleegster.

  • Bewese ervaring in die verpleging van intellektueel gestremde persone
  • Uitstekende verpleegsorg vaardighede
  • Uitmuntende beplanningsvaardighede & probleemoplossingsvaardighede
  • Goeie organiseringsvaardighede
  • Bewese rekenaarvaardighede(MS Office)
  • Baie goeie interpesoonlike vaardighede
  • Uitstekende kommunikasievaardighede(Afrikaans & Engels)
  • Goeie skryfvaardighede
  • Nagskof

Persoonsvereistes:

  • Goed ontwikkelde interpersoonlike- en kommunikasievaardighede
  • Beoefen van uitnemende geduld en toon van respek
  • Empatie & vriendelikheid
  • Bestuurslisensie – sal tot voordeel wees
  • NB – ‘n Bewys van Registrasie by SARV
  • NB – ‘n Onlangse Polisiesertifisering – name clearance

Voordele: Mediese Fonds, Pensioenfonds, ruim verlof

Sluitingsdatum: 17 Desember 2021

Diensaanvaarding: So gou moontlik

Stuur ‘n volledige CV met salarisverwagting na hr@altadutoit.org.za

 

Administratiewe beampte/boekhouer, Kaapstad 

Rogelim/Monte Rosa nooi geskikte kandidate om aansoek te doen vir hierdie betrekking. Die aangewese kandidaat moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik. Akkuraatheid en die vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van Pastel en VIP, word vereis.

Aansoeke sluit 14 Januarie 2022.

Klik hier om die volle advertensie te lees: Admin beampte Kaapstad.