FutureNow bied in September ‘n kursus by Communitas aan oor doeltreffende missionale tienerbediening in die gemeente- en skoolkonteks. Hierdie tweedagkursus sal jou in staat stel om ‘n John C. Maxwell leierskapsprogram vir tieners te fasiliteer. Vaardighede om kwaliteit mentorskap toe te pas word ook behandel.

Deel 1: Skoolbediening (10-11 September) Koste R250
Deel 2: Verantwoordelike bediening in die skoolkonteks (12 September) Koste R100

Registrasies vir deel 1 en deel 2 word direk op FutureNow se webwerf gedoen.
Kontak jeug@sun.ac.za vir meer inligting – laai die program hier af.