La Rochelle Gemeente

Kaapkerk Kommunikasie

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE

Sluitingsdatum: 01 Desember 2026.

Dienstermyn: Permanente pos met ‘n proeftydperk.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Kantoorure: 40 uur per week (Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 16:00).

Gemeenteprofiel

La Rochelle is ‘n voorstedelike makrogemeente met 3 leraars en ongeveer 3200 belydende- en dooplidmate in ‘n gemeenskap bestaande uit gevestigde woongebiede asook ‘n groot aantal hoëdigtheidsbehuisingseenhede met ‘n toenemende multikulturele karakter. Gemeente-visie: Beleef liefde, groei in Christus, deel die Goeie Nuus!

Minimum vereistes

  • ‘n Lidmaat van die NG Kerk met ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie en minstens 3 jaar relevante ondervinding.

Vaardighede benodig

  • Goeie administratiewe vaardighede.
  • Baie goeie menseverhoudinge en algemene kommunikasie vaardighede.
  • Die vermoeë om goed binne spanverband te kan funksioneer.
  • Rekenaarvaardig – veral hantering van Google as platform en MS Office (Word, Excel, Power Point, Outlook).
  • Basiese vaardighede in finansiële boekhouding. Opleiding en ervaring van Pastel en Payroll sal die aansoek versterk.

Pligte

  • Algemene kerkkantoordienste, sekretariële pligte, ondersteuningstake asook ontvangs en skakeling met gemeentelede.
  • Instandhouding van Winkerk lidmaatregister.
  • Verrig sekere basiese verantwoordelikhede ten opsigte van finansiële boekhouding.
  • Personeel, kantoor en geboue kontrole (of toesighouding).
  • Bystand aan predikante en bedieningsleiers.

Vergoeding

  • Sinodale skaal vir die spesifieke posvlak.

Aansoek

  • ‘n Verkorte CV met minstens drie referente moet gestuur word na venterwa1@mweb.co.za.
  • Die CV moet vergesel word deur ‘n kort motivering waarom u geskik is vir die pos.
  • ‘n Kortlys van aansoekers sal genooi word vir onderhoude (in persoon of aanlyn).

Navrae

Ds. Willem Venter — 083 222 6016 of venterwa1@mweb.co.za.

Indien u teen 03 Desember 2026 nie deur die kerkkantoor gekontak is nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook: