Digitale Ouerskap

Ons het hande gevat met A de Bruyn Attorneys om inhoud te deel oor digitale ouerskap. Hulle help ons om in diepte in te gaan op onderwerpe soos kinders se reg op privaatheid, risiko’s van “sharenting”, kuberkwaadwilligheid, begrip van “deepfakes”, om “skermkinders” groot te maak en die gevolge van oningeligte ouers. Ons kyk na wat veral die reg hieroor sê. A de Bruyn Attorneys is ’n toegewyde span regsgeleerdes in die hart van die Paarl, met ’n passie vir hoë kwaliteit regsdiens. Hulle firma, wat hoofsaaklik deur vroue gelei word, bring ’n unieke perspektief en ’n empatiese benadering na elke saak.

  • “Sharenting” en kinders se reg tot privaatheid

    Sharenting is die praktyk waar ouers hul kinders se foto’s en persoonlike besonderhede aanlyn deel. Hoewel dit families kan verbind, kan dit ook kinders se privaatheid en veiligheid beïnvloed deur ’n permanente digitale voetspoor te skep wat risiko’s inhou.

  • Deel herinneringe op die veilige manier

    Sharenting hou risiko’s in wat die privaatheid en veiligheid van ons kinders aanlyn kan bedreig. Leer hoe om met omsigtigheid te deel, privaatheidsinstellings aan te pas, en jou kinders se digitale identiteit te beskerm.

  • Cyberbullying: Wat elke ouer moet weet

    Cyberbullying hou ernstige gevolge vir kinders se emosionele en geestelike welstand in. Leer hoe om hierdie risiko’s te herken en aan te spreek om jou kind se veiligheid aanlyn te bevorder.

  • Virtuele “stranger danger”

    In ons digitale era het “stranger danger” ‘n nuwe vorm aangeneem. Kinders kan aanlyn aan onbekende gevare blootgestel word. Hierdie artikel bied praktiese wenke en hulpbronne om jou kind veilig te hou op digitale platforms.

  • Screenagers: ‘n Digitale dilemma

    "Screenagers" navigeer 'n digitale wêreld vol uitdagings en moontlikhede. Tegnologie kan hul lewens verryk, maar vra weldeurdagte balans tussen "connectedness" en bewuste, verantwoordelike gebruik.

  • “Sextortion” (seksuele afpersing) in Suid-Afrika

    Seksuele afpersing is ’n groeiende probleem in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie misdaad bedreig privaatheid en emosionele welstand. Leer hoe om die tekens te herken, risiko’s te verminder en regshulp te kry om slagoffers te beskerm.