Ek en my mense
Vind inspirasie in ander se stories.
Badisa beteken ‘herders’ in Sesotho
By Badisa se jaarvergadering vlieg papier letterlik én figuurlik. Maar agter elke verslag, vorm en statistiek is ’n mens. Dié rubriek kyk na herderswerk, waardigheid en die kuns om tussen al die papierwerk steeds mense raak te sien en soek na wat moontlik kan word.
Danie du Toit vertel oor sy soeke na geluk
Die ergste lê nog voor,” het sy ma eendag vir hom gesê. Vir Danie du Toit (van Spoegwolf) was dit nie ‘n vloek nie, maar ‘n troos. Geluk is nie iets wat jy móét bereik nie, maar iets wat jy stukkie vir stukkie ontdek – in klein oomblikke wat jy per ongeluk vind.


