Palmvriende: Omgee begin by teenwoordigheid
NG Kerk Langebaan se Palmvriende-inisiatief bind onbekendes aan mekaar wat later groot vriende kan word. Dit omarm ’n groep mense wat andersins nooit so prakties deel van die gemeente sou kon wees nie.
NG Kerk Langebaan se Palmvriende-inisiatief bind onbekendes aan mekaar wat later groot vriende kan word. Dit omarm ’n groep mense wat andersins nooit so prakties deel van die gemeente sou kon wees nie.
Soms reën dit in die Karoo en soms gebeur daar meer in gemeentes as wat syfers deurgee. ’n Ringsitting in Fraserburg word ’n herinnering aan God se teenwoordigheid, nuwe moontlikhede en moed vir gemeentes.
Bellville het oor meer as ’n eeu verander en die kerkbanke saam. Tog bly die kerk se roeping om die gemeenskap raak te sien, ruimtes oop te stel en getrou diensbaar te wees waar die gemeentes geplant is.
Tiaan Botha het oorkant NG Kerk Bellville-Vallei grootgeword, maar eers as drummer en later skriba ontdek hoeveel meer binne die bekende kerkgebou gebeur. Sy storie wys hoe ’n eenvoudige “ja” soms ’n hele wêreld oopmaak.
“Msinga 2026 was inderdaad gevul met getuienisse van God se werk,” skryf Marené Pretorius van George-Bergsig-gemeente. Van bekering en nuwe geloof tot ’n span wat self verander huis toe keer...
Wanneer AI binne sekondes antwoorde gee, vra Dario Carzola ’n moeiliker geloofsvraag: Wat doen hierdie tegnologie aan ons? ’n Nadenke oor onderskeiding, menswees en dinge wat ons nooit behoort uit te kontrakteer nie.
Ria Strydom van La Rochelle-gemeente besoek VGK Delft vir ds. Pieter Grove se afskeidpreek en ontdek hoe maklik indrukke ons blik op ’n plek en sy mense kan bepaal. Tussen sang, afskeidswoorde, herinneringe en ’n feesmaal word sy uitgenooi om anders te kyk.
23 Kruiskerk-studente het Maphutseng in Lesotho besoek met die hoop om te dien en ’n verskil te maak. Daar het hulle ontdek dat God hulle ook gestuur het om anders te kyk na Hom, na ander mense en na hulself deur hierdie besondere reis.
Witness Ministry’s first Boys2Men Camp encouraged young boys to grow in courage, responsibility, fellowship and trust in God. The weekend theme was BRAVE: Brotherhood, Respect, Accountability, Vulnerability and Empathy.
Vir ’n paar uur was NG Kerk Bellville-Wes se kerksaal ’n winkel sonder pryse. Maar tussen al die klere en gewoel het Street Store gewys wat gebeur wanneer iemand lank genoeg bly om ’n ander mens in die oë te kyk en werklik te luister.
By Swartland Moedergemeente begin Jacobus Maass se preek met aliens en laserstrale bo die kerktoring. ’n Grap wat verrassend diep land: in ’n wêreld vol valsheid nooi geloof ons om eerlik, opreg en selfs met ’n lag na God te kom.
Sinani, 'n Nguni-woord wat beteken: “Ons is met julle” nooi die kerk om weer langs mense te leef, nie net vir hulle te doen nie. ’n Eerlike gesprek met Diaconia oor diens, gemeenskap en die stories wat ons nog moet begin raaksien.
’n Klein gemeente in Goodwood, ’n groot droom en ’n verrassende uitkoms. Die Eeufeesbasaar het meer as fondse opgelewer... Dit het gewys hoe ontferming mense saambring en hoe God deur gewone hande werk.
’n Nuwe gebruik in Citrusdal-gemeente: Aswoensdag as viering van die begin van Lydenstyd. In ’n eenvoudige oggend-geleentheid is jonk en oud met as bedien en genooi tot veertig dae van bewuste geloof.
’n Langtafel in ’n straat. Generasies rondom brood en herinneringe. Durbanville-gemeente se 200-jaarviering het gewys hoe ’n fontein van lewe oor eeue kan bly vloei... En hoe onthou ons help om vorentoe te leef.
Barrydale-orrelis Henriette Oosthuizen se 42 jaar lange diens vertel ’n storie van musiek, roeping en volgehoue toewyding. Waar note en geloof saamgeklank het, het ’n blywende nalatenskap in dié gemeente in die Overberg posgevat.
Twee gemeentes in Kuilsrivier het op ’n feestelike manier die oordrag van ’n kerkgebou gevier. Die NG Gemeente Digtebij en die Morawiese Kerk Kuilsrivier stap al ’n lang pad saam – ’n pad vol uitdagings, maar uiteindelik ’n getuienis van vertroue in God se wil.
Welgemoed-gemeente het die afgelope naweek op 'n luisterryke wyse afskeid geneem van Heerden van Niekerk en sy vrou Hannelie. Heerden was vir 28 jaar by die gemeente en het ook twee termyne op die moderatuur van die Wes-Kaapse Sinode gedien.
Twee gemeentes in Suid-Afrika en Skotland werk saam om die Kix Kleuterskool in Malingunde, Malawi te herbou. Deur geloof en praktiese hulp word ’n nuwe toekoms vir kinders en hul gemeenskap moontlik gemaak.
September fokus wêreldwyd op kinderkanker. Gemeentes kan ’n verskil maak deur gebed, praktiese hulp en deelname aan inisiatiewe soos Goudini se “Stap vir Kanker”. CANSA se TLC-program bied waardevolle bronne.
Op 24 Augustus het La Rochelle-gemeente weer hul jaarlikse uitreikprojek aangepak. Dis meer as net 'n projek, dis 'n getuienis en 'n bewys dat ware kerkwees nie net mooi woorde is nie, maar 'n lewende, praktiese daad.
’n Paar skoene, wat ons dikwels as vanselfsprekend aanvaar, is meer as net iets om aan te trek. Vir kinders in Laaiplek het dit waardigheid en hoop gebring – ’n sonstraal wat uit afval gebore is en hulle voete én harte dra.
Vir die eerste keer in ses jaar het NG Kerk George-Bergsig weer ’n uitreikspan na Ebusi in Msinga uitgestuur. Hierdie uitreik was ’n lewende getuienis dat wanneer iets in God se plan is, niks dit kan keer nie. Ervaar saam die vreugde van hulle getuienis!
’n Groep tienerrugbyspelers stroom onverwags ’n Sondagoggenddiens by Kuilsrivier-Suid binne. Wat volg is ’n oomblik van genade, rooi komberse en Jesus-liefde wat sigbaar word, ’n pelgrimsreis wat warmte bring.
As jy onlangs op ’n naweek toevallig by NG Kerk Bloubergstrand verbygestap het, sou jy dalk ’n verrassende mengsel van klanke gehoor het. By hierdie gemeente is die deure oop, die harte wyd en almal werklik welkom.
Die geskiedenis van die NG Kerk George-Suid is diep gewortel in die groter verhaal van geloof in die S
NG Gemeente Vishoek gedenk vanjaar hulle 170ste bestaansjaar. 'n Reeks feesgeleenthede word vir die jaar beplan. Dit het begin met 'n gesamentelike hemelvaartdiens wat deur die wyer gemeenskap bygewoon is en sal afsluit op die gemeente se stigtingsdag.
NG Kerk Goudini groet met waardering vir Theresa Appel ná 21 jaar se jeugleierskap en verwelkom vir Jonette Cronje met opgewondenheid. ’n Nuwe seisoen begin, gebou op ’n sterk fondament van troue diens.
Watter gemeente kan spog met ‘n 87-jarige koster wat nie van verlof of vakansie hou nie? Wel, NG Kerk Ladismith kan! Vir sommige mense sal dit tyd wees om agteroor te sit en te rus, maar nie Oom Piet nie. Hy hou die kerk nog in topvorm!
In Bellville-Vallei het ‘n bietjie sweet en skuurwerk ‘n kerkgebou laat blink - maar die regte bouwerk het in mense se harte gebeur. Tussen saagsels en stories het hul mekaar nuut leer ken. En as ‘n skarnier minder kraak? Net ‘n bonus.
Die terugvoer van gemeentes aan Diaconia vir 2024 vertel ’n kragtige storie van diensbaarheid wat ver buite kerkgeboue strek. Van sopkombuise wat honger mense voed, tot skuilings vir haweloses en mentorskap vir kinders.
La Rochelle-gemeente het op 11 Oktober hul 50ste bestaansjaar gevier. Onder die tema "Vir 'n tyd soos hierdie" herdenk hulle vyf dekades van geloof en die Here se getroue leiding, soos hul stigtersvers, Rigters 18: 5-6, bevestig.
NG Kerk Die Vleie in Hoekwil, Wildernis, getuig: "Wat begin het as ’n eenvoudige poging om die evangelie na kinders in die skool oorkant die pad te bring, het gegroei tot ’n ware beweging van God se liefde."
Wanneer die lewe ons met onvoorsiene seer tref, is dit die hande van 'n geloofsgemeenskap wat ons dra. In Piketberg het ’n fondsinsamelingsdans hoop en verligting gebring vir 'n gesin in nood.
Die Blomweek van NG Gemeente Piketberg, nou in sy vierde jaar, oorweldig die gemeente elke keer met die mense se vrygewigheid en ruimhartigheid. Die week herinner die gemeente aan God se voorsiening en genade.
Annemarie De Kock-Malan van La Rochelle-gemeente vertel dat iets besonders by hulle gebeur het. “Ons het 'n ‘lekker’ probleem gehad: meer mense het uitgegaan om kerk te wees as wat in die diens gesit het.”
Die Wol Warm Winterprojek is nie net ’n breiprojek nie. Dit is ’n lewende getuienis van hoe God deur ons hande werk om sy liefde uit te dra na die wêreld rondom ons. Dit is mense verbind aan God en mekaar.
NG Kerk Bellville-Vallei se gebou is stukkend, maar te midde van finansiële uitdagings en verval, het die Here sy teenwoordigheid tasbaar bevestig en heelheid gebring in hulle gebrokenheid.
Ontdek 5 dinge wat jy oor jou dominee moet weet om hul beter te verstaan en te ondersteun. Hierdie insigte sal jou help om 'n dieper band te vorm en 'n vervullende gemeente-ervaring te beleef.
Mareli Niehaus van Laingsburg-gemeente deel hoe sy, te midde van ’n pad van selfontdekking, na God geluister het en haar roeping in die bediening gevind het, wat haar lewe met nuwe doel en betekenis vervul het.
Jan Stadler se roeping as diensleraar is ‘n eenvoudige storie van gehoorsaamheid aan die subtiele roepstem van die Here, wat hom geleidelik na ’n lewe van diens gelei het.
In Gansbaai span vrywilligers saam om seniors in hulle gemeenskap te bedien, wat ’n waardevolle verskil maak deur ondersteuning en sorg te bied aan dié wat dit die meeste nodig het.

© 2026 Kaapkerk

DIENSGROEPE
Diaconia
Familie & Jeug
Gemeentebegeleiding
Getuienisaksie
Ondersteuning
Toerusting & Navorsing
© 2026 Kaapkerk | Designed by Creatory