Ekologie

Kleiner voetspoor. Dieper liefde.

  • Volhoubare gastronomie: Meer as kos op die tafel

    Op 18 Junie vier die wêreld Volhoubare Gastronomiedag. Dit klink na iets wat net vir sjefs, koskritici en luukse restaurante bedoel is, maar die waarheid is heel anders. Gastronomie is bloot die kuns en kultuur van kos.

  • Wêreldomgewingsdag: Ons moet God se tuin versorg

    Elke jaar op Wêreldomgewingsdag (5 Junie) word mense regoor die wêreld herinner aan iets wat ons maklik vergeet: Die aarde is nie bloot 'n plek waar ons woon nie, dit is die fondament waarop elke aspek van ons bestaan rus.

  • Aanpassing weens klimaatsverandering is nie meer ‘n keuse nie

    Wes-Kaapse storms beklemtoon ’n nuwe realiteit: klimaatsverandering vra aanpassing, nie net debat nie. Slim beplanning, beter infrastruktuur en gemeenskapsbewustheid is nou noodsaaklik om toekomstige uiterste weerstoestande te hanteer.

  • Skeppingsorg: Spaar water by kerkgeboue en huise

    Na die reën het die damme begin om effens aan te vul en dit bring beslis nuwe moed ná ’n droër tyd. Maar ons is nog nie oor die bult nie. Damvlakke bly steeds laer as verlede jaar en verantwoordelike watergebruik is noodsaaklik.

  • Plastiek: Die onsienbare krisis in ons hande

    Johan West van Kaapkerk se Groenspan plaas plastiek en dit impak daarvan op ons wêreld onder die soeklig. Hierdie alledaagse materiaal breek nie af nie en vind selfs sy weg tot in ons liggame in die vorm van mikroplastiek.

  • Aardedag: Die dun blou lagie wat ons alles is

    Vir Christene bring Aardedag ’n dieper dimensie na vore. In Genesis word die mens nie net as bewoner van die aarde beskryf nie, maar as rentmeester. Die opdrag was duidelik. Om te bewerk en te bewaar.

  • Aarde-uur: Die wêreld praat en die kerk moet luister

    Aarde-uur is meer as simboliek. Dis ’n uitnodiging tot bewuswording en rentmeesterskap. Johan West vertel vir ons meer oor wat dit beteken vir gelowiges om die ligte af te skakel en weer nuut te luister na God, die aarde en hul roeping