Skeppingsorg: Spaar water by kerkgeboue en huise

Na die reën het die damme begin om effens aan te vul en dit bring beslis nuwe moed ná ’n droër tyd. Maar ons is nog nie oor die bult nie. Damvlakke bly steeds laer as verlede jaar en verantwoordelike watergebruik is noodsaaklik.