Riglyne vir VrydagNuus bydraes
👤 Kaapkerk Kommunikasie
Ons wil graag seker maak dat die inhoud wat u aanstuur vir ons VrydagNuus nuusbrief visueel aantreklik, relevant en maklik leesbaar is. Om hierdie doel te bereik, versoek ons dat u asseblief die volgende riglyne volg wanneer u inligting aanstuur:
1. Grafika
- Formaat: Stuur asseblief grafika in een van die volgende formate:
- Vierkantig (1:1 verhouding), of
- 16:9 formaat (wydskerm).
- Relevansie: Gebruik ’n grafika wat baie relevant is tot die onderwerp. Ideaal gesproke moet dit:
- ’n goeie foto van ’n persoon wees,
- iets wys wat gedoen word, of
- ’n emosie uitbeeld.
- Stock Images: Vermy generiese “stock images” waar moontlik. Werklike foto’s van werklike mense of gebeure trek baie meer aandag. Wees veral versigtig vir die gebruik van gelisensieerde beelda wat van die internet bekom word. Verseker dat die betrokke beeld onder die Creative Commons lisensie val.
- Formate: Stuur grafika in JPEG (JPG) of PNG formaat. Geen PDF’s nie.
2. Beskrywende tekste
- Bondig: Sluit ’n beskrywing van 30-50 woorde in wat die volgende vrae beantwoord:
- Wat: Waaroor gaan die inligting?
- Wie: Wie is betrokke?
- Waarom: Hoekom is hierdie belangrik?
- Hoekom verder lees?: Die beskrywing moet die belangrikste vraag beantwoord: Hoekom moet iemand hierdie inligting verder lees?
3. Skakels
- Verskaf ’n skakel na die volledige inligtingstuk. Dit kan:
- Lesers neem na ’n PDF op ’n cloud-bergingsplatform soos Google Drive, of
- Verkieslik na ’n webwerf waar meer inligting beskikbaar is.
4. Teks op grafika
- Leesbaarheid: Maak seker dat enige teks op die beeld maklik leesbaar is op alle toestelle.
- Bondigheid: Moenie te veel teks insluit nie. Hou dit by 30 karakters of minder.
- Spelling en taal: Aangesien Kaapkerk nie teks op grafika kan redigeer nie, maar asb. seker dat spelling en taal foutloos is.
5. Algemene riglyne
- Geen PDF’s as grafika of teks nie asseblief. Gebruik die spesifieke formate soos bo genoem.
- Afsnytyd: Stuur asseblief u inhoud op die laatste teen Woensdae 12:00 sodat ons dit kan verwerk en insluit in die nuusbrief.
- Bydraes word slegs per e-pos aanvaar. Stuur na: kommunikasie@kaapkerk.co.za. Geen bydraes per WhatsApp asb.
Dankie dat u hierdie riglyne volg om seker te maak dat ons nuusbrief ’n uitstaande en professionele indruk maak!