Ek en God
Verdiep in jou verhouding met God.
Hoe om God te vertrou bo jou eie planne
Soos Jesus, soos Petrus, soos soveel ander voor ons, moet ons leer om ons planne in God se hande te plaas. Al is ons eerste instink om te beheer. Want wanneer ons dit doen, ontdek ons ‘n vrede wat nie afhang van hoe dinge uitdraai nie, maar van Wie ons vertrou.
Wat beteken dit om as te dra in Lydenstyd?
As en stof. Simbole wat regdeur die Bybel gebruik word, van Genesis tot Openbaring. Dit is deel van die mens se storie – van ons oorsprong tot ons einde. Maar wat beteken dit regtig om as te dra, veral in Lydenstyd? En is dit steeds iets wat vir ons vandag relevant is?
Wanneer laas het jy met jou siel gepraat?
Die wêreld skree: méér, vinniger, beter! Maar jou siel fluister: rus, wees, leef. Nie 'n strewe na méér geld, status of prestasie nie, maar na iets dieper. Na vreugde. Na betekenis. Maar hoor jy nog daardie fluistering? Of het die geraas van die lewe dit stilgemaak?
Goeie werke: ’n Venster na God
Mense wil nie hul goeie werke deel nie, uit vrees dat dit klink soos spog. Ons goeie dade behoort soos ’n vinger te wees wat na God wys, nie na onsself nie. Diensbaarheid moet altyd God se liefde reflekteer en ander na Hom lei. Dán mag ons ook vertel van barmhartigheid.