Wat ek by ’n kamer vol sendelinge geleer het
By Getuienisaksie se jaarlikse waarderingstee vir sendelinge het Wilmi Wheeler tussen hierdie merkwaardige mense gesit en gewonder: Hoe meet ’n mens die nalatenskap van ’n leeftyd se diens?
By Getuienisaksie se jaarlikse waarderingstee vir sendelinge het Wilmi Wheeler tussen hierdie merkwaardige mense gesit en gewonder: Hoe meet ’n mens die nalatenskap van ’n leeftyd se diens?
Met ’n kinderherinnering oor “Waar is jou ore?” nooi Anandie Greyling die kerk om nuut te luister en te kyk. Johannes 1 se “Kom kyk” word ’n uitnodiging om verby verwagtinge te beweeg en raak te sien waar God reeds lewe en hoop onder ons laat ontstaan.
Tiaan Botha het oorkant NG Kerk Bellville-Vallei grootgeword, maar eers as drummer en later skriba ontdek hoeveel meer binne die bekende kerkgebou gebeur. Sy storie wys hoe ’n eenvoudige “ja” soms ’n hele wêreld oopmaak.
Waarom werk tradisionele kleingroepe, kursusse en vergaderings nie meer soos voorheen nie? NG Kerk Vredenburg kyk na vyf tendense ná COVID en vra hoe gemeentes vandag anders oor die bediening kan dink.
Die kerk praat graag van herders en kuddes. Ná ’n skaaptrek in die Karoo dink predikant Heinrich Niehaus nuut oor herders, skape en die kerk. Wat as die dominee nie die herder bó die gemeente is nie, maar ’n mede-skapie?
By Swartland Moedergemeente begin Jacobus Maass se preek met aliens en laserstrale bo die kerktoring. ’n Grap wat verrassend diep land: in ’n wêreld vol valsheid nooi geloof ons om eerlik, opreg en selfs met ’n lag na God te kom.
Die stola wek vandag soms verkeerde aannames, maar die betekenis daarvan lê diep gewortel in die kerk se tradisie. Maar wat beteken dit werklik? Hierdie rubriek verduidelik die kleure en simbole van die kerkjaar agter die stola.
’n Erediens by Bellville-Vallei is onverwags verryk toe ’n hawelose man probeer inbreek. Wat eers soos ontwrigting gelyk het, het ’n heilige ontmoeting geword. Ds. Chris Wheeler vertel die storie oor hoe hy Jesus daar ervaar het.
God se kerk het nie mure nodig nie. God se katedraal is groter as bakstene en banke. Dis die Karoo se sterrehemel, die Vrystaat se vlaktes, die wind en berge. In hierdie rubriek verken ons die rus en vrede van sy skepping. Dit wag oral waar sy skepping jou omvou.
Geweld, armoede en wanhoop oorheers Noord-KwaZulu-Natal, maar in Richardsbaai het iets kragtigs gebeur - die kerk het geluister. Geen valse beloftes, geen kitsoplossings - net rou eerlikheid en ’n onwrikbare hoop: Christus is steeds hier, midde-in die chaos.
Kanker, hoop en vreugde is nie woorde wat jy sommer in dieselfde sin sien nie. Tog het hierdie elemente op ‘n besondere manier bymekaargekom tydens ’n spesiale erediens by VGK Worcester-Suid.
Die gesig van 'n mevrou dominee het verander – sy is nou jonk, lig, en vry! Die nuwe generasie predikantsvroue met vars perspektiewe bring nuwe lewe en energie na haar rol in die kerk.
Daar is oomblikke in ons lewe wat so spesiaal is dat ons dit wil vier en onthou. Belydenis van geloof is een van daardie oomblikke, wanneer ons God se oneindige liefde aanvaar en Christus navolg.
Die woord "kerk" beteken veel meer as net 'n gebou of struktuur; dit verteenwoordig 'n gemeenskap van gelowiges, 'n liggaam wat saam God se liefde en genade uitleef en deel in die wêreld.

© 2026 Kaapkerk

DIENSGROEPE
Diaconia
Familie & Jeug
Gemeentebegeleiding
Getuienisaksie
Ondersteuning
Toerusting & Navorsing
© 2026 Kaapkerk | Designed by Creatory