Daar is oomblikke in ons lewe wat so spesiaal is dat ons moeite wil doen om dit te onthou en te vier. Een van daardie oomblikke is wanneer ons besef dat God ons oneindig lief het en ons dan kies om daardie liefde te aanvaar en ‘n navolger van Christus te word. Belydenis van geloof is ‘n teken wat ons help om daardie baie spesiale oomblik te merk, te onthou en te vier – ‘n roetemerker op ons geloofspad. Ons plaas roetemerkers op ‘n pad wanneer iets belangrik daar gebeur of wanneer ons nie ‘n plek wil vergeet nie.

Om belydenis van geloof af te lê, is ‘n geleentheid vir ons om tussen ander gelowiges wat vir ons omgee te antwoord op ons doop. Die doop is ‘n teken daarvan dat God ons gekies het – selfs voor ons dit kon verstaan.  God het belowe dat God vir die res van ons lewens by ons sal wees, vir ons sal lief wees en ons vergewe – maak nie saak wat ons doen of wat gebeur nie. Wanneer ons dan ons geloof bely, sê ons daarmee dat ons daardie liefde en sorg van God aanvaar. Ons kies gevolglik: 1) om ons lewens te leef met die wete dat God by ons is, en 2) om God se leiding in ons lewens te volg.

Lees: Josua 4: 1-24
Josua en klippe pak