Diensbaarheid – hoe maak gemeentes ‘n verskil?
Die terugvoer van gemeentes aan Diaconia vir 2024 vertel ’n kragtige storie van diensbaarheid wat ver buite kerkgeboue strek. Van sopkombuise wat honger mense voed, tot skuilings vir haweloses en mentorskap vir kinders.