Ek en God
Verdiep in jou verhouding met God.
Ek en God
Verdiep in jou verhouding met God.
Discover parallels between Steve Jobs' wisdom and Christian faith. How do these themes and concepts shape our understanding of purpose and resilience in life’s journey?
In Clairvaux skrywershuis ervaar jy hoe die psalm jou hart en gedagtes oorneem. Wat aanvanklik vreemd voel, ontvou uiteindelik in die eenvoud van ‘n haikoe of lied en bring nuwe insigte en lewenskrag.
Ons liggame is gawes wanneer ons empatiese daar-wees vir iemand; dit is deur ons fisiese teenwoordigheid en gebare dat ons ondersteuning en begrip op 'n diep vlak kan bied.
In die stiltes van 'n veld of bergpad, ervaar mense “dun plekke” waar die afstand tussen hemel en aarde dun is. In dié oomblikke, voel jy God se teenwoordigheid. Vir Nadia en Hesmari is hardloop 'n dun plek.
Skoonheid is nie net 'n versierings aan die rand van ons bestaan nie; dit is 'n brug wat ons siel verbind met die hart van God se skepping. In dié skoonheid vang ons ’n blik op God se liefde.
Genade is God se uitnodiging tot vryheid - ’n onverdiende geskenk wat ons bevry van bandeloosheid. In Christus vind ons ’n nuwe begin, ’n tweede kans om te lewe in die lig van God se liefde.
In die soeke na wat reg en verkeerd is, vind ons hoop nie in onsself nie, maar in Christus. Sy lewe en leiding wys ons hoe om deur onsekerhede en verskille te navigeer en bring ons nader aan ware morele wysheid.
Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
Tussen vol programme en skedules vind ons dit soms moeilik om God se stem te hoor en te onderskei. En selfs wanneer ons God se stem hoor is ons nie altyd seker of dit werklik God se stem is wat ons hoor nie.
Ons glo dat die werk van die Vader óók die werk van die Seun is en óók die werk van die Heilige Gees is. Die Heilige Gees is die Vader en die Seun wat ewig by ons, in ons, en om ons is.
Die Bybel is 'n ryk versameling verhale en geskrifte, oor eeue heen saamgestel, wat vertel hoe God op reis is met mense. Dit bied insig in God se betrokkenheid in ons lewens deur die jare.
Om ons identiteit in Christus te vind, is 'n lewensveranderende ervaring wat ons hele perspektief en lewenswyse verander. Christus praat en benader ons op 'n nuwe manier wat ons identiteit vorm.
Om te glo beteken nie jy is hierdie wonderlike Christen wat al die antwoorde op die lewe se moeilike vrae het nie. Dis die belangrikste ding nodig vir 'n verhouding met God.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis, ook bekend as die Twaalf Artikels van die Geloof, is ‘n kernbelydenis vir baie Christene. Maar wat presies is die betekenis daarvan? En hoekom bely ons dit?

© 2025 Kaapkerk

DIENSGROEPE
Diaconia
Familie & Jeug
Gemeentebegeleiding
Getuienisaksie
Ondersteuning
Toerusting & Navorsing
© 2026 Kaapkerk | Designed by Creatory