’n Viering van lig en vreugde!

Twee gemeentes in Kuilsrivier het op ’n feestelike manier die oordrag van ’n kerkgebou gevier. Die NG Gemeente Digtebij en die Morawiese Kerk Kuilsrivier stap al ’n lang pad saam – ’n pad vol uitdagings, maar uiteindelik ’n getuienis van vertroue in God se wil.