Isibindi: Waar liefde ‘n adres het
By Isibindi leer jongmense wat dit beteken om deel van ‘n familie te wees, nie net in woorde nie, maar in daad. Hier ontdek hulle dat hulle nie net oorleef nie, maar mag lééf. Soos op 29 Januarie, toe 15 van hulle ‘n krieketwedstryd in ‘n stadion bygewoon het.