Danelle Jordaan was meer as haar posbeskrywing
Daar is mense wat by ’n kantoor instap, hulle werk doen, e-posse antwoord, hul koffiebeker uitspoel en weer huis toe gaan. En dan is daar mense soos Danelle Jordaan. Mense wat nie net ’n pos vul nie, maar ’n atmosfeer skep.




