In memoriam: Christo Alheit
Die NG Kerk neem afskeid van Christo Alheit, ’n prediker, leier en mens wat diep spore getrap het sonder om hard te trap. In verskeie gemeentes, en in sy rol as saakgelastigde van die sinode (Wes-Kaap) het hy ’n pad van diens gestap wat baie mense geraak het.





