Bly volhard soos (Comrades) atlete

Na sy eerste Comrades-marathon kon ds. Theo Swart van Parowvallei-Oos nie ’n mes en vurk vashou nie. Byna vyftig jaar later word dié gebalde vuiste ’n geloofsbeeld van oop hande, genade en Christus se uitnodiging: “Kom na My toe” wat hy aan ander atlete oordra.