Mia Oliver: Die dominee in die dinosouruspak!
’n Dominee in ’n dinosouruspak? Dis nie ’n grap nie, dis kinderbediening! Mia Oliver van NG Kerk Sonstraal bring nuwe lewe in die gemeente met Tina die T-Rex. As jong dominee ontdek sy dat lag ’n soort liturgie kan wees.






