Hoeveel gemeentes kan spog met ‘n 87-jarige koster?

Watter gemeente kan spog met ‘n 87-jarige koster wat nie van verlof of vakansie hou nie? Wel, NG Kerk Ladismith kan! Vir sommige mense sal dit tyd wees om agteroor te sit en te rus, maar nie Oom Piet nie. Hy hou die kerk nog in topvorm!