Basaar van
die jaar

Binne die NG Kerk is ‘n basaar ‘n uiters spesiale gebeurtenis. Waar anders kan mens op een plek pannekoeke, jaffles, wit olifante en die lekkerste poedings wat jou mond sal laat water kry? Ons is trots op hierdie fees in ons kerk en maak hierdie jaar met vreugde die Basaar van die jaar-kompetisie bekend!

So, gemeentes, ons nooi julle uit om julle basaar in te skryf vir hierdie kompetisie en ‘n kans te staan om R5000 kontant te wen!

Wat is die kriteria?

We have the best instructors

Die paneel sal elke gemeente se basaar vanuit verskeie aspekte beoordeel. Loer onder om te sien waarna ons spesifiek gaan kyk.

Gees van die basaar

Vang die energie, die opwinding en die unieke atmosfeer van jul basaar vas op ‘n treffende kort video.

Uniekheid

Wat maak julle gemeente se basaar anders, wat nêrens anders te vinde is nie?

Verskeidenheid

Ons wil sien wat spog op julle tafels! Watter interessanthede word alles by jul gemeente se basaar verkoop?

Kreatiwiteit

Dié kriteria fokus op die oorspronklikheid en innoverende benaderings in die organisering en uitvoering van die basaar.

 

Aktiwiteite

 

Beskik julle basaar oor ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat besoekers, jonk en oud, kan vermaak?

 

Styl & dekor

 

Ons wil sien hoe julle versierings, kleurskemas en aantreklike uitstallings gebruik om besoekers se aandag te trek.

Hoe kan gemeentes deelneem?

Om in te skryf vir hierdie kompetisie, het ons die volgende nodig:

  • Verduidelik vir ons in 200 woorde of minder hoekom julle gemeente se basaar uitstaan.
  • Stuur ‘n video (nie langer as 3 minute nie) wat die gees van die basaar vasvang.
  • Heg ook 10 foto’s aan wat die hoogtepunte van jul basaar verteenwoordig.
  • Tag vir Kaapkerk in sosiale mediaplasings oor julle basaar en gebruik die hutsmerk #basaarvandiejaar.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 November 2024. Die wenner sal in Januarie 2025 aangekondig word.

#Basaarvandiejaar

Prysgeld van
R5 000 is op die spel!

Ons kan nie wag om die hartklop van ons gemeentes se basaars te aanskou nie! Vir enige navrae, kontak vir Ronelda Visser by kommunikasie@kaapkerk.co.za.