La Rochelle Gemeente
Kaapkerk Kommunikasie
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Sluitingsdatum: 01 Desember 2026.
Dienstermyn: Permanente pos met ‘n proeftydperk.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Kantoorure: 40 uur per week (Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 16:00).
Gemeenteprofiel
La Rochelle is ‘n voorstedelike makrogemeente met 3 leraars en ongeveer 3200 belydende- en dooplidmate in ‘n gemeenskap bestaande uit gevestigde woongebiede asook ‘n groot aantal hoëdigtheidsbehuisingseenhede met ‘n toenemende multikulturele karakter. Gemeente-visie: Beleef liefde, groei in Christus, deel die Goeie Nuus!
Minimum vereistes
- ‘n Lidmaat van die NG Kerk met ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie en minstens 3 jaar relevante ondervinding.
Vaardighede benodig
- Goeie administratiewe vaardighede.
- Baie goeie menseverhoudinge en algemene kommunikasie vaardighede.
- Die vermoeë om goed binne spanverband te kan funksioneer.
- Rekenaarvaardig – veral hantering van Google as platform en MS Office (Word, Excel, Power Point, Outlook).
- Basiese vaardighede in finansiële boekhouding. Opleiding en ervaring van Pastel en Payroll sal die aansoek versterk.
Pligte
- Algemene kerkkantoordienste, sekretariële pligte, ondersteuningstake asook ontvangs en skakeling met gemeentelede.
- Instandhouding van Winkerk lidmaatregister.
- Verrig sekere basiese verantwoordelikhede ten opsigte van finansiële boekhouding.
- Personeel, kantoor en geboue kontrole (of toesighouding).
- Bystand aan predikante en bedieningsleiers.
Vergoeding
- Sinodale skaal vir die spesifieke posvlak.
Aansoek
- ‘n Verkorte CV met minstens drie referente moet gestuur word na venterwa1@mweb.co.za.
- Die CV moet vergesel word deur ‘n kort motivering waarom u geskik is vir die pos.
- ‘n Kortlys van aansoekers sal genooi word vir onderhoude (in persoon of aanlyn).
Navrae
Ds. Willem Venter — 083 222 6016 of venterwa1@mweb.co.za.
Indien u teen 03 Desember 2026 nie deur die kerkkantoor gekontak is nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


