Living Network Krisissentrum
Kaapkerk Kommunikasie
Vakature: Bestuurder / Maatskaplike Werker (5/8-pos)
Living Network Krisissentrum is ‘n christelike organisasie ( NPC 2010/000839/08) . Ervare en gemotiveerde kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir die pos van Bestuurder / Maatskaplike Werker. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die professionele bestuur van die kantoor, kliëntassessering, verwysingsprosesse, netwerkontwikkeling, skakeling en bemarking en administratiewe ondersteuning van die sentrum se werksaamhede.
Kernverantwoordelikhede
Die posbekleër sal as Bestuurder van die Living Network-kantoor funksioneer en leiding neem in die koördinering van die sentrum se daaglikse werksaamhede.
- Assesseer die behoeftes en nood van persone wat ondersteuning benodig, insluitend persone wat met afhanklikheid, geestesgesondheid of ander maatskaplike uitdagings te make het.
- Hanteer professionele verwysings van kliënte, insluitend haweloses, bejaardes en gesinne.
- Bou ’n sterk verwysingsnetwerk van professionele hulpbronne uit en hou dit in stand.
- Skakeling en bemarking met donateurs, vrywilligers, personeel, diensverskaffers, kerke en maatskappye.
- Bestuur die administratiewe prosesse en begroting van die kantoor.
Minimum vereistes
- Graad of diploma in Maatskaplike Werk.
- Geldige registrasie by die SA Raad vir Maatskaplike Diensberoepe ( SACSSP).
- Minstens ses jaar toepaslike ondervinding as Maatskaplike Werker.
- Goeie administratiewe, kommunikasie- en rekenaarvaardighede.
- Geldige Kode 8-rybewys.
- Vermoë om onder druk te werk en strategies te dink.
- Vermoë om skriftelik en mondelings in Afrikaans en Engels te kommunikeer.
- Ervaring in spanbestuur en professionele skakeling met personeel, konsultante, donateurs en diensverskaffers.
- Die kandidaat moet ’n Christen-gelowige wees.
Sluitingsdatum: Vrydag, 09 Oktober 2026 om 12:00
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027
Vergoedingspakket: Onderhandelbaar
Kantoor: 13de Laan 85, Boston, Bellville ( Anneks,Vredelust Gemeente )
Navrae: Louise Spies | Tel: 021 950 4455 | E-pos: livnet@churchadventure.co.za
Aansoeke: Stuur u volledige aansoek, insluitend ’n omvattende CV, aan Louise Spies by livnet@churchadventure.co.za.
Indien die Krisissentrum nie binne 10 dae na die sluitingsdatum met u skakel nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.


