Getuienisaksie vertel hoe geloof hande en voete kry
Wat gebeur wanneer geloof nie net iets is waaroor ons praat nie, maar iets wat mense kan sien, beleef en ontvang? In Getuienisaksie se nuutste nuusbrief loop dié vraag soos ’n goue draad deur die stories van hulle bedieninge regoor Afrika.



