NG Kerk Velddrif
Kaapkerk Kommunikasie
Vakature vir ’n voltydse leraar
Velddrif is ’n groeiende plattelandse vissersdorp langs die monding van die Bergrivier, sowat 130 km noord van Kaapstad. Velddrif is ‘n gesogte aftreedorp en bestaan hoofsaaklik uit afgetredenes, boere, besigheids- en sakelui en mense direk of indirek verbonde aan die visbedryf. Die welbekende Bokkomlaan is een van vele gewilde toerisme attraksies in die omgewing. Ons buurdorp Vredenburg (25 km ver) beskik oor ‘n goeie privaathospitaal met oa ‘n moderne onkologie afdeling. Hier is ook verskeie permanente spesialiste.
Die gemeente bestaan uit 720 belydende- en 168 dooplidmate saamgestel uit ’n verskeidenheid mense van alle ouderdomme.
Ons is ’n inklusiewe en gasvrye geloofsgemeenskap wat daarna streef om almal welkom te laat voel. Die jeugbediening is aktief met Kategese, JKJA, en BKJA. Die gemeente neem haar missionale taak ernstig op en is by verskeie uitreike plaaslik en in die omgewing betrokke. Verskeie Bybelstudiegroepe kom weekliks bymekaar.
Ons vertrou die Heilige Gees vir ’n leraar wat sterk geroepe voel om aansoek te doen en wat saam met die leiers en die gemeente die toekoms binnegaan.
Leraarsprofiel: Enige gelegitimeerde predikant van die NG Kerk
Vergoeding: Volgens sinodale riglyne van die Algemene Sinode van die NG Kerk in SA. ‘n Ruim pastorie is beskikbaar.
Aansoek: Deel u hart en vaardighede met ons in ’n CV van nie meer as vier(4) bladsye nie en verskaf die kontakbesonderhede van drie(3) referente om dit te ondersteun.
Sluitingsdatum: Vrydag 6 November 2026 om 12:00
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
E-pos adres: skriba@ngkerkvelddrif.co.za
Navrae:
Gerber Basson (Voorsitter van die Kerkraad) 0839783120
Johann Kotzé ( Voorsitter DVK) 0726372942
Ds. Richard Holloway (konsulent) 0827730397
Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


