NG Kerk Hartenbos
Kaapkerk Kommunikasie
SKRIBA/KASSIERE
Ons Roeping
By NG Gemeente Hartenbos leef ons ’n eenvoudige, maar diepgewortelde roeping uit: “Skyn Jesus se lig.” Ons is ’n groeiende gemeente met drie leraars wat doelgerig ontwikkel van ’n groot plattelandse gemeente na ’n volwaardige makro-gemeente — ’n geloofsgemeenskap wat strategies, missionaal en volhoubaar ingerig en gestruktureer is. Teen hierdie agtergrond bid ons in afhanklikheid vir ’n Skriba/Kassiere wat nie net die omvang van hierdie pos begryp nie, maar ook hierdie roeping verstaan, uitleef en saam kan help dra deur die wyse waarop die gemeente se bedrywighede bedryf en ondersteun word.
Primêre doel van pos
Die primêre doel van hierdie pos behels ontvangs en skakelbord, ‘n breë spektrum administratiewe pligte, doeltreffende finansiële administrasie wat die hantering van kontant, voorbereiding van brondokumente vir krediteure en salarisse insluit en is mede-verantwoordelik vir die hantering van die mees dringende werksaamhede van die Bedryfsbestuurder in haar afwesigheid. Voorgenoemde moet daarop gerig wees om die geestelike bediening, instandhouding, uitbreiding en uitlewing van die gemeente se roeping te ondersteun.
Sleutelverantwoordelikhede
Van die posbekleër word verwag om die volgende verantwoordelikhede in die pos te hanteer:
- Ontvangs en skakelbord
- Kommunikasie en skakelwerk
- Tikwerk, administrasie (wat die notulering van vergaderings insluit) en liasering
- Lidmaatregisters (Winkerk)
- Finansiële administrasie en kassierpligte
- Boekhouding/rekordhouding
Persoonsvereistes
Kennis en kwalifikasies
- Graad 12 Sertifikaat (met rekeningkunde)
- Minimum 3 jaar toepaslike ondervinding
- Rekenaarvaardigheid (Administratief en Finansieël)
Geestelike en persoonlike ingesteldheid
- ‘n Lewende geloof en ‘n hart vir die kerk en haar roeping
- Die vermoë om geestelike sensitiwiteit en praktiese bestuur te integreer
- Kritiese gedragsdimensies sluit, onder andere, die volgende in:
- Vriendelikheid, Geduld en goeie interpersoonlike verhoudinge
- Eerlikheid, Noukeurigheid, Syferaanleg
- Goeie beplannings- en organisasievermoë
- Uitstekende kommunikasievaardihede
- Leierskapvaardigheid
- Vermoë om by veranderende omstandighede aan te pas
Kantoorure
Die pos vereis kantoorpligtigheid en werksure is vasgestel.
Vergoeding
‘n Mededingende vergoedingspakket binne die kerklike/nie-winsgewende sektor asook sekere diensvoordele word aangebied.
Deur aansoek te doen bevestig die aansoeker bereidwilligheid tot toepaslike psigometriese evaluering.
Applikante word versoek om hulle CV’s voor of op 30 September 2026 om 12:00 aan die Voorsitter: Personeeldiensgroep, André van Schalkwyk, by arvs@mweb.co.za te epos.
Datum van diensaanvaarding so gou doenlik.


