‘n Sterk stroom van hoop in Malawi
Op Nkhoma in Malawi leef ’n verhaal wat lankal begin het, reeds met die sendingwerk van die NG Kerk in die laat 1800’s, en wat steeds, stil maar kragtig, bly ontvou. Hennie van Deventer is soontoe gestuur deur Getuienisaksie in April. Hier raak geloof tasbaar.




