Monte Rosa – ‘n tuiste met deernis

Monte Rosa tehuis vir bejaardes lê in die hartjie van die Tuine in Kaapstad en is tans besig om uitgebreide opgraderings te ondergaan. Met die eerste fase sal elf kamers met en-suite badkamers toegerus word. Ses kamers sal teen Desember voltooi wees.