Monte Rosa – ‘n tuiste met deernis

👤 Ronelda Visser

Monte Rosa tehuis vir bejaardes is een van die oudste ouetehuise in Suid-Afrika. Dit is in 1892 gebou en het eers bekendgestaan as Rogelim, ’n versorgingssentrum vir ouer mans. Die pragtige fasiliteit lê in die hartjie van die Tuine in Kaapstad.

Danksy ’n samewerkingsooreenkoms tussen Diaconia se Diens van Barmhartigheid, die Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy, Badisa en privaatbeleggers word daar tans nuwe lewe in hierdie geskiedkundige gebou geblaas. Uitgebreide veranderinge en opgraderings word tans gedoen om ’n nuwe ervaring vir bestaande inwonders bied en meer aantreklik vir nuwe kliënte te wees. Tydens Fase 1 van die ontwikkeling sal elf kamers met en-suite badkamers toegerus word. Daar word beoog dat ses kamers reeds teen Desember vanjaar gereed sal wees.

Bestuurder Pieter Smit noem dat hulle baie opgewonde is oor die toekoms van die historiese ruimte. “Ons kan reeds ’n verskil in die atmosfeer ervaar. Dit is ook verblydend om te sien hoe die inwoners saamkuier, aan aktitwiteite soos bingo deelneem en ook inskakel by klubs soos ons breigroep. Monte Rosa is die enigste versorgingsfasiliteit vir bejaardes in die stadskom en is in ’n besondere ligging.”

Kontak vir hulle by 021 423 8173/4 of by e-pos monte-Rosa@xsinet.co.za om ‘n skoukamer te besigtig.

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook:
  • Skeppingsorg: Spaar water by kerkgeboue en huise

  • Bid vir Oekraïne: Hoop ten spyte van oorlog

  • Gebed vir Soedan: God sien die vergete raak