Gamka-Oos: ’n gemeente wat betrokke raak
In Beaufort-Wes wys drie NG Kerk-gemeentes hoe hoop prakties kan lyk wanneer mense saamwerk. Mariette Odendaal vertel van projekte wat wys hoeveel moontlik word wanneer gemeentes hul deure én harte oopmaak.
In Beaufort-Wes wys drie NG Kerk-gemeentes hoe hoop prakties kan lyk wanneer mense saamwerk. Mariette Odendaal vertel van projekte wat wys hoeveel moontlik word wanneer gemeentes hul deure én harte oopmaak.
Jacques Strydom vertel van ses gemeentes wat saam stories van hoop, jeugbetrokkenheid en dialoog vier. Op hierdie aand het gemeenskappe connect en jongmense geïnspireer om saam te droom en aksie te neem.
Karla Smit vertel van twee dae se toerusting oor diakonaat wat ’n Emmaus-ervaring geword het. In Clanwilliam het deelnemers ontdek hoe diep luister, verhoudings en eerlike saamdink die hart van gemeenskapsdiakonaat vorm.
Tydens Gansbaai se gemeenskapsdag deel Sammy Brett 7 eenvoudige reëls vir ’n sinvolle lewe. Hy herinner ons ook hoe belangrik pa’s, gesonde gesinne en geloof is, veral in vandag se Suid-Afrika
Wat gebeur wanneer ’n wit man met vellies, ’n khaki-broek en ’n dik baard in gebroke Xhosa begin gesels in ’n spaza-winkel in Mbekweni? "Ek dink God skep geleenthede, maar dit kom neer op wat jy daarvan maak."
Molteno se grond vertel ‘n storie. Die vroue hier plant, hulle glo, hulle lag uit hulle mae uit. Hier, in ‘n dorp waar kos skaars is, is vreugde volop. Molteno herinner ons dat God in elke krakie teenwoordig is. Waar ons stof sien, sien Hy ‘n plek vir nuwe lewe om te begin.
Omgee vra meer as gee: Drie kenners deel hoe gelowiges kan beweeg van korttermyn-liefdadigheid na volhoubare gemeenskapsontwikkeling wat werklik impak het – sonder om afhanklikheid te skep. Lees hul insigte hier.
Liefdadigheid bied korttermynverligting, terwyl gemeenskapsontwikkeling mense bemagtig om selfstandig te wees. Hierdie artikel ondersoek hoe die twee konsepte mekaar aanvul en hoe die kerk ‘n balans kan vind tussen gee en bou vir ‘n volhoubare toekoms.
Verskeie gemeentes het hande gevat tydens ’n interkerklike lente-tee ten bate van MES se Centre of Hope. Hierdie geleentheid het gelowiges saamgevoeg om hoop en herstel te bring vir straatmense in die Kaapse gemeenskappe.
Dié netwerk speel ’n groot rol in die versorging van mense wat trauma en emosionele uitdagings ervaar. Deur samewerking en opleiding rus hulle pastorale versorgers toe om lewens te verander en hoop te bring.
St Helenabaai droom van samewerking, van hande vat - wit en bruin, jonk en oud, armes en rykes. “Ons het nie al die antwoorde nie, maar ons het hoop. Hoop dat as ons regtig na mekaar luister en die wonde kan heelmaak.”
Paaie het gekruis tydens die streeksbesoek in George, wat die mag van liefde, sorg en samewerking in ons geloofsgemeenskap bevestig het. ’n Toevallige ontmoeting lei tot 'n diep verbintenis.
Musiek is meer as klanke. Soos J. Brahms gesê het, “God het musiek gegee sodat ons kan bid sonder woorde.” In Heidelberg, bied die Young Royal Shepherds Orkes ’n ruimte vir musiek as gebed en genesing.
Na 'n dag saam met Kletskuier in Khayelitsha het 'n gemeenskapsleier opgemerk: “Ek het gedink Afrikaans skei ons. Maar vandag het ek ontdek dat taal eintlik 'n vriend is wat ons bymekaar bring.”

© 2026 Kaapkerk

DIENSGROEPE
Diaconia
Familie & Jeug
Gemeentebegeleiding
Getuienisaksie
Ondersteuning
Toerusting & Navorsing
© 2026 Kaapkerk | Designed by Creatory