Die maanlig val sag oor St Helenabaai, aand na aand, waar die oseaan rustig die kus beroer. Maar onder die oppervlak van hierdie skynbare kalmte het ‘n diep gemoedsgolf gespoel, ‘n gevoel van verandering wat broei. Braam Hanekom vertel dat daar tydens die #100Dorpe-gesprek weereens gesien is hoe hierdie klein vissersdorpie nie net ‘n plek op die kaart is nie, maar ‘n gemeenskap wat op ‘n kruispad staan. Die toekoms klop hard aan hulle deur en hoe hul reageer, sal vir geslagte weerklink.
Daar is drome van samewerking, van hande vat, van gemeenskappe wat saamstaan – wit en bruin, jonk en oud, armes en rykes. “Ons het nie al die antwoorde nie, maar ons het hoop. Hoop dat as ons regtig na mekaar luister, ons die rou wonde kan heelmaak.”
Die #100DorpeDialoog is ‘n inspirerende inisiatief, gelei deur dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis, wat regoor Suid-Afrika reis om gemeenskappe te verbind deur betekenisvolle gesprekke te fasiliteer. Hierdie gesprekke, wat kerkgroepe en plaaslike leiers insluit, fokus op die bou van ‘n kultuur van eenheid, respek en diensbaarheid. Deur vier eenvoudige maar kragtige vrae te vra oor verhoudinge, sosiale kohesie en die grootste uitdagings, help hulle dorpe om saam te dink en aksies te loods wat die gemeenskap versterk. Sedert 2019 het hierdie inisiatief ‘n platform geskep waar mense kan luister, mekaar verstaan, en prakties begin werk aan ‘n hoopvolle en samehangende toekoms.
#100DorpeDialoog op St Helenabaai
Hierdie gesprek het op St Helebaai ‘n paar ongemaklike waarhede uitgelig: oorbewoonde ruimtes, stygende misdaad, gesondheiduitdagings en die skreeuende nood vir leierskap. Maar bo alles is daar ‘n gevoel dat hierdie dorpie kan en móét verander, nie net tot voordeel van sommiges nie, maar vir almal.
Daar is drome van samewerking, van hande vat, van gemeenskappe wat saamstaan – wit en bruin, jonk en oud, armes en rykes. “Ons het nie al die antwoorde nie, maar ons het hoop. Hoop dat as ons regtig na mekaar luister, ons die rou wonde kan heelmaak.”
Braam vertel dat daadwerklike verandering in gemeenskappe by klein treetjies begin: eerlike gesprekke, ‘n koppie tee met ‘n oorwerkte maatskaplike werker, of ‘n kerk wat besluit om op te staan en te dien.
Ons weet dat die pad vir Suid-Afrika vorentoe nie sonder struikelblokke is nie. Dis maklik om moedeloos te raak as jy kyk na die probleme wat voorlê: gebroke families, die tekort aan behuising, die verdeeldheid in die gemeenskap. Maar, hierdie gemeenskap is dit eens dat hulle nie net kan bly staan en kyk nie. Soos die golwe wat onophoudelik aan die kus slaan, moet hulle volhard, mekaar ondersteun en God se stem in die stiltes tussenin hoor.
Elkeen wat daardie dag teenwoordig was, het ‘n roeping – om hierdie gesprek aan te hou, om saam te droom en om prakties ‘n verskil te maak. Die verandering begin by een daad van liefde en samewerking op ‘n slag.
Voorstelle vir ‘n pad vorentoe vir St Helenabaai
Die pad vorentoe vir St Helenabaai is vol potensiaal, maar dit verg samewerking en deursettingsvermoë. Braam Hanekom stel voor dat die momentum van die 17 September 2024-dialoogsessie volgehou word deur openhartige, deurlopende gesprekke. “Ons moet mekaar se stories hoor. Ons moet mekaar leer ken. Ons moet eerlik met mekaar wees in veilige ruimtes.”
Met die regte ondersteuning – van die kerk, munisipaliteit en ander rolspelers – kan die gemeenskap saam ‘n verskil maak. Hierdie lys van voorstelle roep op tot drome en aksies wat die lewensgehalte van almal in St Helenabaai, veral dié in Laingville, sal verbeter.
- “Ek hoop regtig dat die hele gemeenskap (insluitend die ‘wit’ gemeenskap) hande kan vat om die lewe van mense in Laingville te verbeter. Maar moenie vir hulle besluit nie. Dink en droom saam met hulle.
- Daar moet ‘n gesprek met die munisipaliteit gevoer word. Daarvoor het ons ʼn FORUM nodig om namens die gemeenskap met munisipaliteit te onderhandel. Ons MOET die munisipaliteit verantwoordbaar hou en seker maak dat St Helenabaai se agenda op HUL agenda kom.
- Call to Serve (mediese dienste) moet ondersteun word. Dit sal wonderlike wees as KERKE ook hier begin diens lewer.
- Ons maatskaplike werkers is oorwerk en trek swaar. Nooi hulle vir tee, kuier saam en bemoedig hulle.
- Die Fraternal (kerkkring) moet spoedig bymekaar kom en hierdie sake bespreek. Hulle moet besluit of hulle verantwoordelikheid wil neem om ook ander ‘stakeholders’, sakekamer, polisie, NGO’s en meer na die tafel te nooi. Die kerk het nie mag nie, maar gesag. Hierdie is ʼn reuse-lakmoestoets vir kerklike leierskap.
- Ons moet die CSI geld wat beskikbaar is probeer beskikbaar kry vir St Helenabaai spesifiek. Daarvoor sal ons met kreatiewe VOORSTELLE en projekte na vore moet kom. Enige iemand kan dit droom en begin beplan, maar dan waarskynlik die kerklike leierskap vra om te help.
- Die belangrikste om te onthou, is dat elkeen wat in die vergadering was self by God moet hoor wat nou moet gebeur en waartoe hy of sy geroep word. Dit is net so belangrik dat elkeen hierdie gesprek en inhoud daarvan met iemand anders deel en die boodskap verder versprei.