Omgee gaan oor meer as uitdeel

👤 DJ Muller

As gelowiges het ons ’n natuurlike roeping om om te gee, maar ware omgee gaan oor meer as net uitdeel. Dit vra dat ons dieper delf – dat ons nie net onmiddellike nood verlig nie, maar mense ook bemagtig om selfstandig en volhoubaar te groei. Hoe maak ons hierdie skuif van korttermyn-liefdadigheid na gemeenskapsontwikkeling wat werklik impak het?

Ons het drie mense wat reeds in hierdie veld werk gevra om hieroor te dink en te skryf. Hulle bring elkeen ’n unieke perspektief, gegrond op hul ervaring in die praktyk:

  • Ds. William Ficks (VGK Porterville) verduidelik die verskil tussen liefdadigheid en gemeenskapsontwikkeling en hoe hulle mekaar kan aanvul.
  • Dr. Daniël de Wet (PSD by Getuienisaksie, NG Kerk) waarsku teen die gevare van ’n “redder-kompleks” en wys hoe ons langs mense kan loop sonder om hulle afhanklik te maak.
  • Aletia Grundling (Uitvoerende Hoof van MCM) deel praktiese voorbeelde van hoe gemeenskapsontwikkeling ’n verskil maak wanneer dit met langtermynvisie gedoen word.

Liefdadigheid bied korttermynverligting, terwyl gemeenskapsontwikkeling mense bemagtig om selfstandig te wees. Hierdie artikel ondersoek hoe die twee konsepte mekaar aanvul en hoe die kerk ‘n balans kan vind tussen gee en bou vir ‘n volhoubare toekoms.

Hoe help ons sonder om ‘n afhanklikheidskultuur te skep? Hierdie artikel ondersoek die gevare van ‘n “redder-kompleks” en hoe ons eerder langs mense kan loop as om namens hulle op te tree. ‘n Perspektief op ware bemagtiging wat volhoubaarheid kweek.

Gemeenskapsontwikkeling gaan oor meer as net uitdeel – dit verg langtermynbetrokkenheid en vennootskappe. Hierdie artikel deel praktiese voorbeelde van hoe kerke deur vredebou en volhoubare projekte ‘n blywende impak maak in hul gemeenskappe.

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook:
  • Bid vir Kuba: Hoop, volharding en geloof

  • Skeppingsorg: Spaar water by kerkgeboue en huise

  • Bid vir Oekraïne: Hoop ten spyte van oorlog