CareWise: Kwesbares moet waardig versorg word

Wat begin het as ’n droom om ouer mense met waardigheid te versorg, kry nou gestalte. Ná twee jaar se voorbereiding bied CareWise College geakkrediteerde opleiding aan om versorgers vir dié belangrike roeping toe te rus.