Palmsondag: Kyk, jou Koning kom na jou toe, net waar jy is
Ons verwag 'n dramatiese aankoms, maar Jesus kom Palmsondag in, nie op ’n perd nie, maar ’n donkie. Dis nie ’n afgradering nie. Dis ’n openbaring. Van ’n nabye God wat anders regeer - nie van bo af nie, maar tussen ons.