Mag ons vroue raaksien soos Jesus gedoen het
Jesus het vroue in hulle volle menswees raakgesien - regtig raakgesien. Hierdie Vrouedag is ’n uitnodiging om weer soos Jesus na vroue te kyk: met respek, met ruimte en met eerlikheid oor waar ons nog kortskiet.



