Die kerk as God se singende familie

👤 Wilmi Wheeler

Woensdagaand, 5 Februarie speel ’n historiese geleentheid af in die Moederkerk op Stellenbosch. Sowat sestig gaste sit vasgenael en luister na die verhaal van die ontstaan en uiteenlopende fasette van die Kaapse kerklied. Die geleentheid is die bekendstelling van die bundel De Kinderharp, Hallelujas & Afrika Nyimbo’s. Verborge Liedereskat in die NG Kerk Argief 1824-2024.

 

kerklied

 

Om die verhaal Voor die orrel is die Morawiese proponent en orrelis Devandré Boonzaaier, op die koor gallery Carlo Louw en Cecile Murray-Louw, die soliste, en ’n geleentheidskoor bestaande uit 22 oud-koolede van die 1970’s Stellenbosse Universkteitskoor.

Maar waar het dit begin? As deel van die Wes-Kaapse Sinode se 200-jarige viering in 2024, bring die NG Kerk Argief (Stellenbosch) vir die eerste maal ’n kerkmusiekversameling tot stand en word ’n “kerklied”-gedenkbundel saamgestel. Dié volkleur bundel bied ’n oorsig in woord en beeld oor die ontstaansverhaal asook die argivalia wat behoue gebly en byeengebring is.

Maar méér nog: die stories van die mense wat bydgedrae het tot die skep, sing, speel en oordra van die kerkliedere en musiek word uitgepluis en sover moontlik in hul eie woorde of stem wat in briewe, notenboeken, manuskripte en biografië , foto’s en ander dokumente gevind is.

So byvoorbeeld lig Amy Rommelspacher, die NG Kerk-argivaris verantwoordelik vir die musiekversameling, die sluier oor die ingewikkeldheid van vertalings van Europese en Kaapse liedtekste in die Afrika tale – waar die vertaler se taalkennis dikwels gebrekkig is en die konteks heel anders.

Lisel Joubert, Departement Sistematiese Teologie (Kerkgeskiedenis), Universiteit Stellenbosch, beklemtoon dat argivale navorsing altyd van waarde is: dit lei noodwendig tot nuwe ontdekkings, bring onverwagte antwoorde op vrae en vertel nuwe stories.

Die musiek en kerkliedverhaal, vertel veral van die diverse, onverwagte en uiteenlopende stemme, kulture, selfs geloofsagtergronde wat saamgevloei het om die verhaal van God se singende familie in die Kaap te vertel.

De Kinderharp, Hallelujas & Afrika Nyimbo’s. Verborge Liedereskat in die NG Kerk Argief 1824-2024 is uitgegee deur Clairvaux Boekhuis as NG Kerk Argiefreeks 9. (Beskikbaar @ R650 direk vanaf die samesteller Isabel Murray isabellemurray73@gmail.com).

Opname van die bekendstelling

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook:
  • Hoeveel gemeentes kan spog met ‘n 87-jarige koster?

  • Omgee gaan oor meer as uitdeel

  • Die verskil tussen liefdadigheid en gemeenskapsontwikkeling