Dra swart vir 16 Dae van Aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders
👤 Wilmi Wheeler
16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders is ’n wêreldwye inisiatief om standpunt in te neem teen geweld teen vroue en kinders. Dit vind elke jaar plaas vanaf 25 November tot 10 Desember.
In hierdie tyd bid ons vir mense wat slagoffers is van geweld, en maak ons die wêreld bewus daarvan dat baie mense (veral vroue en kinders) mishandel word of fisiese of emosionele geweld beleef. Ons maak ook mense bewus daarvan dat hulle hulp kan soek en neem hande om aktief op te staan teen enige vorm van geweld.
Neem deel aan hierdie jaar se veldtog saam met die Taakspan Gendergeregtigheid, BADISA, CABSA en CLF en sê saam met ons: “Genoeg is genoeg”!
Ons doen ‘n oproep tot aksie op elke persoon, gemeente, skool, instansie en gemeenskap met die veldtog: Step in, Step up, Step out!
Hoe kan ek deelneem aan die veldtog?
- Dra swart, of ‘n swart item vir die 16 Dae as teken van solidariteit saam met almal wat gebuk gaan onder geweld. Gebruik jou swart klere as ‘n wegspringblok om die gesprek aan die gang te sit.
- Sluit aan by die 16 Dae van Aktivisme se WhatsApp-groep. Om die daaglikse inligting, dagstukkies en nog meer te ontvang, klik op hierdie skakel: https://chat.whatsapp.com/B8AjL7lVQ1W3mPO04TTEt2
- Bestel ‘n Thursday’s in Black-borsspeld by CABSA of Badisa. Ons weet dat geweld teen vroue en kinders nie net ‘n uitdaging is vir hierdie 16 dae nie, maar elke dag van die jaar. Gebruik hierdie 16 dae om mense bewus te maak van die probleem en hou aan met die gesprek na die 16 dae.
- Deel die daaglikse dagstukkies, feite en inligting wat versprei gaan word tydens hierdie 16 dae op jou gemeente se sosiale mediaplatforms.
Die inligting kan afgelaai word by: https://drive.google.com/drive/folders/1N3vA8stmTL-GKJSPYLXOnlD86TEDYV7p?usp=sharing
- Besoek BADISA se “Step Up to Stop Gender-Based Violence “ webtuiste by: https://badisa.org.za/16-days/ vir meer inligting.
- Besoek die betrokke instansies se Facebook-groepe: Gendergeregtigheid Taakspan & Badisa
- Verander jou eie, jou gemeente, instansie of persoonlike Facebook banner na die 16 Dae van Aktivisme banner om bewusmaking te verhoog. Laai dit hier af: https://drive.google.com/drive/folders/19M5yh_S8VEI8mHdtY0E9W1OuCV4XLlUn?usp=sharing
- Verander jou eie, jou gemeente, instansie of persoonlike WhatsApp pofile pic na die 16 Dae van Aktivisme prentjie om bewusmaking te verhoog. Laai dit hier af: https://drive.google.com/drive/folders/1oNxqboc5K0zbZYxGq2ZbWVoCYbYWgwLo?usp=drive_link
- Besoek CLF se webtuiste vir gratis hulpbronne: https://clf.co.za
Met hierdie veldtog wil ons almal aanmoedig om in die gesprek te tree oor geweld teen vroue en kinders deur bereid te wees om hul eie houdings oor hierdie kritieke kwessie te bevraagteken. Wanneer ons beter weet, moet ons beter doen.