Sosiale Media en AI Webinar 2025

👤 DJ Muller

Selfs al kon jy nie ons onlangse webinar bywoon nie, is hierdie blad vir jou. Hier vind jy die kerninhoud, praktiese wenke en hulpmiddels wat ons gedeel het oor hoe sosiale media en kunsmatige intelligensie (AI) jou bediening kan versterk. Jy kan die PowerPoint-aanbieding aflaai, die opname terugkyk en die dokument oor Prompt Engineering gebruik om self verder te leer.

Die inhoud van die webinar is in twee hoofdele verdeel. In die eerste deel het ons gefokus op sosiale media as ’n ‘tweede preekstoel’ en praktiese wenke gedeel oor hoe gemeentes ’n betekenisvolle aanlyn teenwoordigheid kan bou. Die tweede deel het gewys hoe kunsmatige intelligensie (AI) jou bediening kan ondersteun deur eenvoudige take vinniger en slimmer te hanteer, sodat meer tyd beskikbaar bly vir mense en bediening.

Deel 1: Sosiale media as ’n tweede preekstoel

Wenke, idees en platform-insigte om jou gemeente se aanlyn teenwoordigheid betekenisvol en prakties te maak:

  • Waarom sosiale media ’n kans is vir hoop en geloofsvorming.
  • Die teologie agter ’n digitale teenwoordigheid — Jesus het mense ontmoet waar hulle is.
  • Sosiale media in 2025 — algoritmes, aandagspanne en platformkulture.
  • Oorsig van die vyf groot platforms: Facebook, Instagram, WhatsApp, YouTube en TikTok.
  • Tien goue riglyne vir goeie, egte en effektiewe inhoud.
  • Gratis hulpmiddels om jou werk makliker te maak.

Deel 2: Wat kan AI vir jou gemeente doen?

Ontdek hoe kunsmatige intelligensie eenvoudige take vinniger en slimmer kan hanteer, sodat jy meer tyd het vir mense en bediening:

  • Transkribering van opnames of oordenkings.
  • Taalversorging en vereenvoudiging van tekste.
  • Struktureer van e-posse en aankondigings (veral nuttig as Engels jou tweede taal is).
  • Samestelling van besluiteregisters of optredelyste ná vergaderings.
  • Voorstelle vir sosiale media inhoud en onderskrifte.
Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook:
  • Aanpassing weens klimaatsverandering is nie meer ‘n keuse nie

  • Bid vir Teologiese opleiding en Evangelieverkondiging in die Midde-Ooste

  • Die eerste nagmaal na die opstanding