Gansbaai: Dis hoe dit lyk as mense kies om op te daag (Foto-rubriek)

👤 Wilmi Wheeler

Daar’s plekke waar die breeklyne van ons samelewing met die blote oog sigbaar is. Daar waar armoede en geweld nie net statistiek is nie, maar daaglikse realiteite. Gansbaai is een van daardie plekke. Maar op hierdie dag, in hierdie saal, het iets anders gebeur: Hier het mense opgedaag, met hulle hele menswees. Polisie, predikante, kinders, ouers, jongmense. ’n Gemeenskap het saamgestaan, nie uit vrees nie, maar uit geloof dat daar ’n ander manier is om te leef.

Want as God nog onder mense woon, dan onthou ons Hy is nie daar doer ver weg nie. Dan is Hy in ’n kind se gebedshandjies. In ’n danspassie op ’n saalvloer. In trane wat stil rol terwyl iemand luister.

Hierdie foto’s wys nie helde of slagoffers nie. Net mense. En dalk is dit juis genoeg.

Klein hande, groot drome

Almal dra stories, al praat hulle nie almal op dieselfde tyd nie.

Hier word nie net gepraat nie. Hier word beweeg.

Mense onthou nie altyd die toespraak nie. Maar hulle onthou hoe dit hulle laat voel het.

Hierdie dag is nie ’n oplossing nie. Dis ook nie ’n feesviering nie. Dis ’n groep mense wat probeer – teen die stroom, met wat hulle het. Dis hoe verandering begin. Nie met groot idees nie. Met opdaag. Met luister. Met beweeg. Met mense.

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook:
  • My magtie, Riaan!

  • Om raakgesien te word (al praat jy met jou hande)

  • Kweekskool vier 25 Jaar saam met VGK en ander kerke