INSPIRASIE en GROEIGELEENTHEDE!! Dít is wat ons met jóú wil deel. WhatsApp het só deel van elkeen van ons se lewens geword. Kaapkerk gebruik nou ook hierdie handige hulpmiddel om stories van hoop en inspirasie met jou te deel. Daarom wil ons jou nooi om deel te word van ons WhatsApp Gemeenskap (Community).
Die WhatsApp “Community” funksie is ontwerp om ‘n netwerk van verskeie groepe te skep wat by ‘n spesifieke onderwerp of doel pas. Dit maak dit makliker vir ons om stories of inligting te deel oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. Die voordeel is dat JY kies van watter groep(e) jy wil deel raak en watter tipe inhoud jy só wil ontvang, aangesien ons groepe tematies ingedeel is. Byvoorbeeld: Indien jy lief is vir aangrypende en inspirerende stories van mense, word jy deel van die “Ek en my mense” groep. Indien jy van kerknuus hou, word jy deel van die “Ek en my kerk” groep.
Ons is bewus daarvan dat jy heel moontlik reeds deel is van talle WhatsApp groepe, en eintlik alreeds té veel kommunikasie ontvang. Vir hierdie rede onderneem ons om jou nie te “spam” nie en net goeie, inspirerende en opbouende inhoud met jou te deel.
Waaroor gaan die groepe?
Wanneer jy deel geword het van ons WhatsApp gemeenskap, sal jy merk dat daar ‘n paar verskillende groepe is waarvan jy ook deel kan word. Sluit gerus by die groep(e) aan wat jy verkies. Die groepe is gestel dat lede nie kan “post” nie, maar net die Kaapkerk kommunikasiespan.
Ek en my mense
Lees en hoor stories van gewone mense soos jy. Hierdie stories inspireer jou en help jou vreugde en troos in ander se verhale te vind.
Ek en my wêreld
Die wêreld strek wyer as ons eie lewens en gemeentes. Hier kyk ons na hoe God se koninkryk al hoe wyer uitgebou word.