Help Gansbaaiers om vier kinders deur skool te kry

👤 DJ Muller

NG Kerk Gansbaai beskik oor ‘n jagpakket in die omgewing van Thabazimbi ter waarde van sowat R30 000. Hierdie pakket word deur middel van lootjies verkoop en die opbrengs is ten bate van ons Opvoedingsfonds. Elke jaar poog ons gemeente om vanuit hierdie fonds een behoeftige leerder uit ons gemeenskap te ondersteun met hul skooluitgawes in een van die hoërskole rondom ons. Ons is trots op die mooi verhale wat reeds hieruit voortgespruit het.

Hierdie jaar het ons van ‘n verhaal te hore gekom, wat ons kerkraad geïnspireer het om ‘n geloofsprong te neem: vanaf 2025 wil ons nie net een kind help nie, maar wel vier. Dit is ‘n groot stap met enorme uitgawes, maar ons vertrou dat ons die nodige fondse sal insamel.

In die lig hiervan wil ons graag ander gemeentes uitnooi om deel te neem aan ons projek. Indien u kerkraad belangstel, kan ons u voorsien van lootjie vorms. Die opbrengs van lootjies wat deur ander gemeentes of instansies verkoop word, sal op ‘n 50/50-basis tussen ons Opvoedingsfonds en u gemeente/instansie verdeel word.

Vir meer inligting, kontak gerus:
Riaan Booysen – 0742036658

Deel hierdie inhoud met jou mense!
Lees ook: