A Christian Perspective on 3 of Steve Jobs’ life lessons
Discover parallels between Steve Jobs' wisdom and Christian faith. How do these themes and concepts shape our understanding of purpose and resilience in life’s journey?
Discover parallels between Steve Jobs' wisdom and Christian faith. How do these themes and concepts shape our understanding of purpose and resilience in life’s journey?
In Clairvaux skrywershuis ervaar jy hoe die psalm jou hart en gedagtes oorneem. Wat aanvanklik vreemd voel, ontvou uiteindelik in die eenvoud van ‘n haikoe of lied en bring nuwe insigte en lewenskrag.
Ons liggame is gawes wanneer ons empatiese daar-wees vir iemand; dit is deur ons fisiese teenwoordigheid en gebare dat ons ondersteuning en begrip op 'n diep vlak kan bied.
In die stiltes van 'n veld of bergpad, ervaar mense “dun plekke” waar die afstand tussen hemel en aarde dun is. In dié oomblikke, voel jy God se teenwoordigheid. Vir Nadia en Hesmari is hardloop 'n dun plek.
Patrick Styles se kruistog deur Suid-Afrika herinner mense aan Christus. Met 'n kruis op sy skouer en ondersteun deur gasvryheid, ervaar hy elke stap as 'n geloofsreis en opoffering.
Skoonheid is nie net 'n versierings aan die rand van ons bestaan nie; dit is 'n brug wat ons siel verbind met die hart van God se skepping. In dié skoonheid vang ons ’n blik op God se liefde.
Andries Cilliers herinner ons dat die soeke na waarheid nie 'n maklike pad is nie, maar wel een wat ons nie moet opgee nie. Hy stel dit duidelik: sonder waarheid is daar geen hoop nie.
Genade is God se uitnodiging tot vryheid - ’n onverdiende geskenk wat ons bevry van bandeloosheid. In Christus vind ons ’n nuwe begin, ’n tweede kans om te lewe in die lig van God se liefde.
In die soeke na wat reg en verkeerd is, vind ons hoop nie in onsself nie, maar in Christus. Sy lewe en leiding wys ons hoe om deur onsekerhede en verskille te navigeer en bring ons nader aan ware morele wysheid.
Die subtiele harmonie van die heelal openbaar 'n dieper orde, nie net as 'n bewys van God se teenwoordigheid nie, maar as 'n rigtingwyser na ware lewe en liefde, soos gesien in Christus se dienende liefde.
Die vraag, “Waarom is daar iets en nie niks nie?” dwing ons om sin te maak van ons bestaan en om tussen ontnugtering en verwondering te balanseer.
Geloof is nie blinde aanvaarding nie; dit is gegrond in redelike oorweging en diep ervarings, wat saam 'n pad na wysheid en betekenis in ons lewens vorm.
Ons lewensdoel is om aan God die eer te gee in alles wat ons is, dink, doen, en sê. Ware aanbidding is om God daagliks te verheerlik deur ons woorde en dade, elke oomblik van ons lewens.
Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
Tussen vol programme en skedules vind ons dit soms moeilik om God se stem te hoor en te onderskei. En selfs wanneer ons God se stem hoor is ons nie altyd seker of dit werklik God se stem is wat ons hoor nie.
Ons glo dat die werk van die Vader óók die werk van die Seun is en óók die werk van die Heilige Gees is. Die Heilige Gees is die Vader en die Seun wat ewig by ons, in ons, en om ons is.
Die Bybel is 'n ryk versameling verhale en geskrifte, oor eeue heen saamgestel, wat vertel hoe God op reis is met mense. Dit bied insig in God se betrokkenheid in ons lewens deur die jare.
Om ons identiteit in Christus te vind, is 'n lewensveranderende ervaring wat ons hele perspektief en lewenswyse verander. Christus praat en benader ons op 'n nuwe manier wat ons identiteit vorm.
Genade is ‘n geskenk van God wat ons nie kan koop of verdien nie. Dit maak nie saak wie jy is, waar jy vandaan kom, wat jou verlede of omstandighede is nie – God se genade is vir elkeen bedoel.
Gawes is geskenke van God, gegee deur die Gees aan gelowiges, om mekaar in liefde te dien en ‘n verskil te maak in die wêreld, tot eer van God en tot voordeel van ander. Elke gawe is ewe belangrik en nie bo 'n ander een nie.
Om te glo beteken nie jy is hierdie wonderlike Christen wat al die antwoorde op die lewe se moeilike vrae het nie. Dis die belangrikste ding nodig vir 'n verhouding met God.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis, ook bekend as die Twaalf Artikels van die Geloof, is ‘n kernbelydenis vir baie Christene. Maar wat presies is die betekenis daarvan? En hoekom bely ons dit?

© 2025 Kaapkerk

DIENSGROEPE
Diaconia
Familie & Jeug
Gemeentebegeleiding
Getuienisaksie
Ondersteuning
Toerusting & Navorsing
© 2026 Kaapkerk | Designed by Creatory