Ek en die kerk

Leef vanuit jou geloofsgemeenskap.

  • Die verskil tussen ‘bedink’ en ‘bely’

    Die Belydenis van Belhar is 40 jaar oud. Tinus van Zyl deel oor ’n persoonlike ontmoeting wat wys hoe dié belydenis hom steeds roep tot luister, bekering, versoening en ’n lewe wat die evangelie prakties beliggaam in Suid-Afrika - met nuwe erns en gehoorsaamheid.

  • Palmvriende: Omgee begin by teenwoordigheid

    NG Kerk Langebaan se Palmvriende-inisiatief bind onbekendes aan mekaar wat later groot vriende kan word. Dit omarm ’n groep mense wat andersins nooit so prakties deel van die gemeente sou kon wees nie.

  • Wanneer kerkfamilie om dieselfde tafel sit

    Algemene Sekretarisse van Gereformeerde susterskerke regoor Afrika het in September bymekaargekom vir die jaarlikse Reformed Family Forum; ’n ontmoeting wat wys dat daar agter elke kerklike verslag mense, verhoudings en gedeelde verhale lê.

  • Getuienisaksie vertel hoe geloof hande en voete kry

    Wat gebeur wanneer geloof nie net iets is waaroor ons praat nie, maar iets wat mense kan sien, beleef en ontvang? In Getuienisaksie se nuutste nuusbrief loop dié vraag soos ’n goue draad deur die stories van hulle bedieninge regoor Afrika.

  • Gamka-Oos: ’n gemeente wat betrokke raak

    In Beaufort-Wes wys drie NG Kerk-gemeentes hoe hoop prakties kan lyk wanneer mense saamwerk. Mariette Odendaal vertel van projekte wat wys hoeveel moontlik word wanneer gemeentes hul deure én harte oopmaak.

  • Anandie Greyling: “Waar is jou ore?”

    Met ’n kinderherinnering oor “Waar is jou ore?” nooi Anandie Greyling die kerk om nuut te luister en te kyk. Johannes 1 se “Kom kyk” word ’n uitnodiging om verby verwagtinge te beweeg en raak te sien waar God reeds lewe en hoop onder ons laat ontstaan.

  • Vyf predikante. Vyf woorde. Een SAAMkoms.

    Vyf predikante deel vyf woorde wat hul ervaring van die Predikante SAAMkoms 2026 vasvang - van ontvang en droom tot egtheid, plek en goeie nuus oor ’n kerk wat weer saam leer, aanbid en hoop. Soli Deo Gloria.

  • Die strandbal op DinkJeug se kategesetafel

    Wat maak ’n strandbal, boublokkies en klei op ’n kategesetafel? By DinkJeug se toerusting ontdek ons hoe eenvoudige hulpmiddels ruimte kan skep vir eerlike gesprek, moeilike vrae en geloof wat saam ontdek en geleef word.

  • Bybel: Sola Scriptura, ja, nie solo Scriptura nie

    Die Bybel is ’n biblioteek van stemme wat oor eeue heen met mekaar in gesprek tree. Sola Scriptura beteken daarom nie solo Scriptura nie. Om die Bybel ernstig te neem is om konteks, genre en die groter verhaal te hoor.

  • Gesigte het verander. Die roeping nie.

    Bellville het oor meer as ’n eeu verander en die kerkbanke saam. Tog bly die kerk se roeping om die gemeenskap raak te sien, ruimtes oop te stel en getrou diensbaar te wees waar die gemeentes geplant is.

  • Horlicks en die kerk – móét die resep heeltemal verander?

    ’n Koppie Horlicks word ’n reis na verlange, geloof en onderskeiding. Wat moet die kerk laat gaan, en watter ou woorde, ritmes en melodieë moet ons weer nuut ontdek en oorgee vir vandag se kerke weer?

  • 5 tendense wat wys hoe mense ná COVID anders oor kerk dink

    Waarom werk tradisionele kleingroepe, kursusse en vergaderings nie meer soos voorheen nie? NG Kerk Vredenburg kyk na vyf tendense ná COVID en vra hoe gemeentes vandag anders oor die bediening kan dink.

  • Simondium Familiekerk word kinderhuiskinders se familie

    Simondium Familiekerk stap al jare ’n pad saam met die seuns van Huis Andrew Murray. Ds. Nadia Muller vertel hoe volgehoue betrokkenheid kinders help ervaar dat hulle gesien, beskerm en geliefd is.

  • Lesotho leer jou anders kyk

    23 Kruiskerk-studente het Maphutseng in Lesotho besoek met die hoop om te dien en ’n verskil te maak. Daar het hulle ontdek dat God hulle ook gestuur het om anders te kyk na Hom, na ander mense en na hulself deur hierdie besondere reis.

  • Kerkkommunikasie: 6 Riglyne vir beter betrokkenheid

    Die doel van kerkkommunikasie is nie om net meer aankondigings te maak nie. Ontdek 6 belangrike riglyne vir kerkkommunikasie wat mense help om nie net te hoor nie, maar duidelike volgende stappe te neem.

  • Ben Kotzé vertel: “Sir, is there hope for me?”

    By Loaves and Fishes in Observatory word mense nie tot hul slegste dag gereduseer nie. Ds. Ben Kotzé se storie oor ’n desperate man wat later terugkeer, getuig dat herstel moontlik bly: “A man can change.”

  • Street Store: Waar mense mekaar werklik raaksien

    Vir ’n paar uur was NG Kerk Bellville-Wes se kerksaal ’n winkel sonder pryse. Maar tussen al die klere en gewoel het Street Store gewys wat gebeur wanneer iemand lank genoeg bly om ’n ander mens in die oë te kyk en werklik te luister.

  • Proteahoogte kinderteater: ‘Geen ouderdomsbeperking op verwondering nie’

    Proteahoogte kinderteater: 'Na 'n dekade besef ons: dit gaan nie oor ons arbeid nie. God verras ons elke jaar deur die dele saam te voeg tot iets wat veel groter is as die som van die teaterstuk self.'

  • Jason Vanporppal: The kingdom of God has wheels

    Jason Vanporppal is a living testament that the kingdom of God often arrives in strange vehicles. Sometimes fishing boats or donkeys. Occasionally, apparently, a skateboard. This story reminds us: The gospel was never stationary.

  • Hoekom predikante eintlik wol aan hulle togas het

    Die kerk praat graag van herders en kuddes. Ná ’n skaaptrek in die Karoo dink predikant Heinrich Niehaus nuut oor herders, skape en die kerk. Wat as die dominee nie die herder bó die gemeente is nie, maar ’n mede-skapie?

  • CYM Youth Leaders discern lessons from the road to Emmaus

    CYM youth leaders of five URCSA Congregations convened to converse, reflect, and discern how to restore a spiritual passion for Christ Jesus and his church, amongst the youth within their congregations and communities.

  • 5 Maniere om jou dominee tydens Pinkster te ondersteun

    Pinkster bring 'n swaar werkslading vir dominees. Hier is vyf praktiese maniere waarop jy jou dominee se "hande in die lug" kan hou - van gebed tot praktiese hulp.

  • Die argief: Waar stories kom om wéér gebore te word

    Die NG Kerk-argief op Stellenbosch is nie 'n graf vir die verlede nie, maar 'n kraamsaal waar stories herleef, kuns gebore word en families hul wortels vind. Die argief beplan groot vieringe in November vir hul 200-jaar bestaan.

  • Amptekonferensie: Wat ons herbevestig en waaroor ons moet verder verbeel

    Kerkleiers herbevestig die teologiese ankers van die ampte en verken nuwe verbeelding vir die kerk as missionale beweging tydens die deurslaggewende 2026 Amptekonsultasie in Wellington.

  • Die kerk is heilig, maar nie humorloos nie!

    By Swartland Moedergemeente begin Jacobus Maass se preek met aliens en laserstrale bo die kerktoring. ’n Grap wat verrassend diep land: in ’n wêreld vol valsheid nooi geloof ons om eerlik, opreg en selfs met ’n lag na God te kom.

  • Arme ek is oupa uil, maar God kyk steeds na my

    Tydens 'n Moderamen vergadering ontdek Piet Retief dat drie uile meer as net mooi voëls is - hulle word 'n lens vir geloof, wysheid en die vraag wat niemand maklik kan ontduik nie: wat sou God sien as Hy deur ons vensters kyk?

  • Die moderamen wat nie met ’n agenda begin het nie

    Dit was 46 grade in Wellington. Agendas het op die tafels gelê, maar niemand het dit oopgemaak nie. Daar is eers saam gebid. “Dit is vir ons belangrik om eers met die Here besig te wees voordat ons oor die sake van sy kerk praat.”

  • Goodwood-gemeente: Wanneer gewone mense hande vat

    ’n Klein gemeente in Goodwood, ’n groot droom en ’n verrassende uitkoms. Die Eeufeesbasaar het meer as fondse opgelewer... Dit het gewys hoe ontferming mense saambring en hoe God deur gewone hande werk.

  • Congregational Witness celebrates and empowers

    Congregational Witness, a task team of Witness Ministry, reflects on a recent workshop about leadership: "It was a blessed and enriching gathering, and we look forward to taking this tool further into our presbyteries and congregations."

  • Wanneer kinders ons roep

    By die Vocatio roepingskonferensie het Anriëtte de Ridder ’n verrassende draai aan die gesprek oor roeping gegee: Wat as kinders nie net gevorm moet word nie, maar óns vorm? Deur hul verwondering, vrae en speel herinner hulle ons dat roeping begin by geliefd wees.

  • ‘n Grys kruis van as in Citrusdal-gemeente se parkeerarea

    ’n Nuwe gebruik in Citrusdal-gemeente: Aswoensdag as viering van die begin van Lydenstyd. In ’n eenvoudige oggend-geleentheid is jonk en oud met as bedien en genooi tot veertig dae van bewuste geloof.

  • Margaritas by die “Mall”: Is die kerk besig om net nog ’n winkel te word?

    In ’n tyd van 'margaritas by die mall' voel roeping dikwels vaag. Ontdek waarom die skuif van programme na diepe ontmoetings met ’n lewende God die enigste pad vorentoe is vir die moderne kerk.

  • Foto’s: Durbanville-gemeente vier 200 jaar

    ’n Langtafel in ’n straat. Generasies rondom brood en herinneringe. Durbanville-gemeente se 200-jaarviering het gewys hoe ’n fontein van lewe oor eeue kan bly vloei... En hoe onthou ons help om vorentoe te leef.

  • Kaapkerk se sosiale media in 2026: Nogtans sal ons sing…

    “Nogtans sal ons sing” is die jaartema op Kaapkerk se sosiale mediaplatforms vir 2026. Hierdie tema is ’n uitnodiging om aanbidding eerste te kies, selfs in ’n tyd waar spanning, uitbranding en onsekerheid seevier.

  • Die ware betekenis agter die kleurvolle stola

    Die stola wek vandag soms verkeerde aannames, maar die betekenis daarvan lê diep gewortel in die kerk se tradisie. Maar wat beteken dit werklik? Hierdie rubriek verduidelik die kleure en simbole van die kerkjaar agter die stola.

  • 8 dinge wat ek vir my jonger dominee-self sou sê

    Marié Britz neem die leser terug na die vreugdes en uitdagings van ’n jong dominee se eerste tree in die bediening. Ontdek agt lewenslesse oor roeping, rus, gesondheid en die vreugde om jouself in God se Woord te verloor.

  • Morgenster Eeufees: Waar bome fluister en voete dans

    Soms stap jy ’n plek binne en jy weet sommer: God werk al lank hier. Morgenster in Zimbabwe is so plek. "Dis nie net ’n eeufees nie, dis ’n heilige ontmoeting." So beskryf Daniël de Wet die 100-jaarviering van Murray Teologiese Kollege.

  • ‘n Week van diepte, stilte en verbeelding in Clanwilliam

    Hierdie ringsretraite in Clanwilliam was ‘n ruimte waar stilte, kuns, musiek en simboliek ’n nuwe taal geword het om God te ervaar. Soos Jacques Greyling dit opsom: “Om so in mekaar se lewens en bediening te deel, versterk ’n mens…"

  • Wanneer gemeentes hande vat oor kontinente heen

    Twee gemeentes in Suid-Afrika en Skotland werk saam om die Kix Kleuterskool in Malingunde, Malawi te herbou. Deur geloof en praktiese hulp word ’n nuwe toekoms vir kinders en hul gemeenskap moontlik gemaak.

  • Koffie in die kerk = Meer as net kafeïen

    ’n Koppie koffie in die kerk is nooit net ’n warm drankie nie. Dit is ’n teken van gasvryheid, gemeenskap en genade. Koffie bring immers mense saam. Lees hoe die eenvoudige ritueel van 'n beker koffie die geur van geloof en saamwees kan dra.

  • Die Sondag toe Jesus by ons erediens ingebreek het

    ’n Erediens by Bellville-Vallei is onverwags verryk toe ’n hawelose man probeer inbreek. Wat eers soos ontwrigting gelyk het, het ’n heilige ontmoeting geword. Ds. Chris Wheeler vertel die storie oor hoe hy Jesus daar ervaar het.

  • Die NG Kerkargief se stories is nie vol stof nie!

    Dink jy die NG Kerkargief is net ’n paar bokse vol ou dokumente en vergeelde foto’s? Dink weer! Agter daardie stil rakke skuil lewende stories van ons gemeentes, ons mense en ons geloofspad oor eeue heen.

  • Kinderkanker: Gemeentes het ‘n rol om te speel

    September fokus wêreldwyd op kinderkanker. Gemeentes kan ’n verskil maak deur gebed, praktiese hulp en deelname aan inisiatiewe soos Goudini se “Stap vir Kanker”. CANSA se TLC-program bied waardevolle bronne.

  • Die La Rochelle-ervaring: Om Jesus se hande en voete te wees

    Op 24 Augustus het La Rochelle-gemeente weer hul jaarlikse uitreikprojek aangepak. Dis meer as net 'n projek, dis 'n getuienis en 'n bewys dat ware kerkwees nie net mooi woorde is nie, maar 'n lewende, praktiese daad.

  • Ontmoet ons nuwe aktuarius, Hanri Joubert!

    “Aktuarius” klink dalk na iemand wat die Kerkorde soos ’n roman lees, maar Hanri Joubert is meer as dit. Hy’s pas verkies in hierdie rol en sy humorsin en menslikheid wys: kerkreg kan selfs by ’n braai sin maak.

  • RFF 2025: Bridging generations, facing challenges, nurturing hope

    The 2025 Reformed Family Forum in Benoni united African churches to address youth challenges, sustainability, and accountability - renewing hope for revival and strengthening bonds of faith.

  • Getuienisaksie roep ringe tot nuwe en relevante getuienis

    Wanneer gemeentes bymekaar kom om stories te deel van hoe God se Gees werk, verander ’n verslag in ’n getuienis. Dis presies wat gebeur het toe Getuienisaksie die afgelope week saam met gemeentes gekuier het.

  • HEFSIBA – Waar jy weer leer kyk

    Hefsiba in Mosambiek leer jou om weer te kyk: in eenvoud, hoop en geloof. ’n Brug van samewerking en lig tussen Vila Ulongué en die Wes-Kaap, waar God se Koninkryk groei - sigbaar in mense, verhale en hoop wat nie stilgemaak kan word nie. Daniël de Wet vertel meer.

  • George Bergsig vertel: God se tyd is volmaak

    Vir die eerste keer in ses jaar het NG Kerk George-Bergsig weer ’n uitreikspan na Ebusi in Msinga uitgestuur. Hierdie uitreik was ’n lewende getuienis dat wanneer iets in God se plan is, niks dit kan keer nie. Ervaar saam die vreugde van hulle getuienis!

  • Nederige diakonaat: Ons weet nie altyd nie… en dis okay!

    Karla Smit vertel van twee dae se toerusting oor diakonaat wat ’n Emmaus-ervaring geword het. In Clanwilliam het deelnemers ontdek hoe diep luister, verhoudings en eerlike saamdink die hart van gemeenskapsdiakonaat vorm.